top of page

Terapie in die praktyk word saam met die klient beplan om 'n uitkomsgeseerde terapie program te verseker wat meetbare doelwitte het sodat vordering gemeet kan word. Daar is verskillende vorme van terapie individueel, groeps gebasseer en ook intensiewe programme waar terapie sessis meer intensief op mekaar volg as eerder weekliks.

 

Die klient en sy gesin is belangrik by Speel en Leer en daar word gereeld kontak gemaak om vordering te meet en kommunikasie te bevorder.

ONTMOET ONS SPAN

Tharien Aucamp

Arbeidsterapeut

Occupational Therapist

Chantel Jacobs

Assistent

Assistant

Jacqueline (Jackie) Collins

Arbeidsterapeut

Occupational Therapist

Madelein Putter

Ontvangs

Reception

Leandra van Deventer

Arbeidsterapeut

Occupational Therapist

OOR ONS

Speel en Leer bestaan uit 'n groep gemotiveerde passievolle

arbeidsterapeute. Die arbeidsterapeute is deurlopend besig 

met volgehoue opleiding deur middel van kursusse en werkstukke.

Sommiges plaaslik ander internasionaal.

 

Individualiteit in die praktyk is baie belangrik en daarom word elke klient se evaluasie en behandeling aangepas spesifiek vir sy behoeftes. Daar word van verskillende terapie metodes gebruik gemaak maar die fondasie van die evaluasie en terapie is gegrond op Sensoriese Integrasie. Meeste van ons is nie altyd bewus van die harde werk wat ons sintuie verrig nie. Eers wanneer ons met ons voete in die water sit of sand in ons hande hou word ons opnuut weer bewus van ons omgewing deur ons sintuie. Hierdie sensoriese proses is egter uiters belangrik vir normale ontwikkeling en leer.

 

bottom of page